#WEN met Piekniek & Musiek!

|By Elana| Home

Opwindende Nuus! Hierdie naweek kan jy saam met ons Piekniek hou!

WEN 1 VAN 2 DUBBEL KAARTJIES na hierdie komende naweek se Piekniek & Musiek vertoning met Tarryn Lamb en Elvis Blue, aangebied deur 28 Black – The Better Energy Drink. Die vertoning vind plaas by Zevenwacht wynplaas in Kuilsrivier en hekke open 2nm.

WEN met Piekniek en Musiek!

Voorwaardes geld. Wenners moet in die Wes-Kaap woon en self by die vertoning kan uitkom. Piekniekmandjies beskikbaar deur WebTickets. Foodtrucks en kos stalletjies sal beskikbaar wees op die dag.

Lees meer oor Piekniek & Musiek hieronder! Sien julle daar !!

Dit is met groot opwinding dat ons aankondig dat Tarryn Lamb as openingskunstenaar vir Elvis Blue sal optree by 12 November se Piekniek & Musiek met Elvis Blue. Hierdie hoogs-aangeskrewe sangeres en liedjieskrywer is wel bekend as die hoofsanger van die SAMA-genomineerde groep, Blackbyrd.

Elvis Blue sal al sy grootste treffers uitvoer, insluitende die nuutste enkelsnitte van sy treffer-album, Die Brug.

Piekniek & Musiek belowe om hierdie somer se hoogtepunte en kan-nie-mis-geleenthede te wees met gereelde optredes op Sondae op die grasperke van die Zevenwacht Landgoed in Kuilsrivier. Die eerste konsert word aangebied deur 28 Black – The Better Energy Drink.

Kaartjies vir Piekniek & Musiek is te koop wees teen slegs R140 vir volwassenes, R60 vir kinders tussen die ouderdom van 3 – 12 jaar en gratis vir die kleintjes jonger as 3. Kaartjies is beskikbaar by http://www.webtickets.co.za sowel as Pick n Pay Soneike, Pick n Pay Glengarry en Hyper Brackenfell.

Let asseblief daarop dat geen verversings en drankies op die perseel toegelaat word nie – piekniek-pakkies sal net by Zevenwacht Landgoed beskikbaar wees. Bestel jou piekniek-pakkie voor die byeenkoms by http://www.webtickets.co.za.

Piekniek & Musiek is aangebied deur 28 Black en word ondersteun deur kykNET en Bok Radio en word met trots aangebied deur Ian Bredenkamp Media.

Sociale media: Twitter  |  Facebook  |  Instagram  |  #PiekniekEnMusiek

http://www.piekniekenmusiek.com

2 Comments

2 Comments on #WEN met Piekniek & Musiek!

  1. cr.poole@hotmail.com'
    Carol
    November 9, 2017 at 6:33 pm (1 week ago)

    12 November has special meaning to my hubby &
    It was on this day 9 years ago we got the results of my amnio back & the gynae suggested TOP because of the genetic results. We decided to proceed with the pregnancy & guess what, we have a beautiful 8 year old daughter who daily succeeds with whatever obstacles she faces & lives a normal happy life. It is also my deceased dad’s birth date.

  2. petromannes@hotmail.com'
    Petro van Zyl
    November 9, 2017 at 4:27 pm (1 week ago)

    My seun Chris Van Zyl verjaar 12 November en ons kan nie aan n beter present dink om sy dag spesiaal te maak nie! Ons familie loooove musiek en natuurlik vir Elvis Blue! ♡♡

    Sy mom, Petro xx

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

You may use these HTML tags and attributes: <a href="" title=""> <abbr title=""> <acronym title=""> <b> <blockquote cite=""> <cite> <code> <del datetime=""> <em> <i> <q cite=""> <s> <strike> <strong>